Afrikaans-Vriendelik besigheidsgids

Afrikaans-Vriendelik is ‘n inisiatief van AfriForum, waar verbruikers sakeondernemings, op ’n webplatform kan opspoor.

Tinteltong Toekennings

Die Tinteltong Toekennings word daarom gegee aan besighede of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

AfriVriendelik opleiding

Werkswinkels is gemik op entrepreneurs, kleinsakeondernemings of belangstellendes wat hulle kennis wil opskerp.

Ondernemingsgids Placeholder
Ondernemingsgids

Ondernemingsgids

Jou gids tot ondernemings wat handeldryf in Afrikaans.

Nuwe besigheidsidee? Praktiese stappe hoe jy eers jou huiswerk kan doen

Marknavorsing met spanne navorsers, nasionale meningspeilings en duur lewensvatbaarheidstudies is nie vir intree-entrepreneurs beskore nie. Die onlangs uitslag van die grootste entrepreneur meningspeiling in Suid-Afrika, die “Real State of Entrepreneurship in South...

9 Tekens dat jou besigheid ondergaan – en hulpbronne om dit reg te ruk

Om te weet wanneer om die handdoek in te gooi, kan jou baie geld en hartseer spaar. Volgens Ravi Govender, Hoof van die klein besigheid afdeling by Standard Bank, sê 50% van besighede gaan binne die eerste 24 maande onder. Die hoofredes wat hy aanhaal vir dié syfer is...

Produkontwikkeling: Werk slimmer, nie harder nie

As klein besigheidseienaar dink jy dalk nie altyd aan watter strategie jy volg om ’n nuwe produk te ontwikkel, of wat jou metodologie is, hoe jy markbevestiging gaan kry en hoe jy mense daarmee gaan bereik nie. ’n Goeie strategie bestaan uit twee aspekte, ’n proses...

Kriptogeld: Hoe beïnvloed dit jou besigheid?  

Dit is moeilik om kripto-geldeenhede soos Bitcoin te ignoreer, maar hoe word dit in Suid-Afrika gereguleer, moet jy betalings in Bitcoin of ander geldeenhede aanvaar en wat is die voordele? PayFast, ’n Suid-Afrikaanse aanlyn betaalverskaffer, help al ’n geruime tyd...

Diensvoorwaardes: 17 bepalings wat jy as werkgewer moet nakom

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is die minimum vereistes wat ’n werkgewer met sy werknemers moet ooreenkom. Dit is belangrik aangesien jy die korrekte kontrak met jou werknemers moet sluit wanneer jy hulle aanstel om latere kopsere te vermy. As jy jou eerste...

Arbeidswetgewing: Die 9 wette wat jy moet ken

Arbeidswetgewing in Suid-Afrika boer gedurig op koerantvoorblaaie, kwessies soos die nasionale minimum loon, werkloosheidsversekering en regstellende aksie word deur almal dopgehou. Maar daar is enkele kern bepalings wat klein besigheidseienaars van bewus móét wees....

Bou ’n winsgewende besigheid: 4 Maatstawwe wat wys jy maak wins (Deel 3)

In die laaste twee artikels is daar verskeie aspekte aangeraak oor wat ’n besigheid winsgewend maak. Eers verg dit beplanning en ’n realistiese begroting, jy moet elke begrotingsitem verstaan, wat die verskil is tussen bedryfsinkomstes en nie-bedryfsinkomstes en...

Bou ’n winsgewende besigheid: Hanteer verliese só (Deel 2)  

In die eerste van die reeks artikels oor hoe jy ’n winsgewende besigheid moet bou, is daar gekyk na hoe jy ’n realistiese begroting moet saamstel. ’n Begroting help jou nie net om jou spandering binne perke te hou nie, maar is ’n belangrike aanduier of jy genoeg...

Bou ’n winsgewende besigheid: Stel ‘n begroting  op (Deel 1)

Om ’n winsgewende besigheid te bou moet jy die waarde van ’n begroting verstaan, dit kan ontleed, prakties implementeerbaar maak en dit kan aanpas volgens die lewensiklus waarin jou besigheid is. As jy sopas jou besigheid begin het gaan jou begroting ’n eenvoudige lys...

Kry hiér finansiering vir jou besigheid

As jy ’n klein besigheid het waarmee jy kan wys dat jy geld genereer en dat jou mark positief op jou produk of diens reageer - mag dit tyd wees om finansiering te soek. Geld vir ’n besigheid is soos brandstof vir ’n motor, maar ’n motor met ’n vol tenk wat in...
Jou eenstop entrepreneursplatform