AfriVriendelik opleiding

Werkswinkels is gemik op entrepreneurs, kleinsakeondernemings of belangstellendes wat hulle kennis wil opskerp.

Hou ons webtuiste of Facebook blad dop vir ’n werkswinkel in ’n provinsie naby jou.

Die werkswinkels het ontstaan as gevolg van ’n behoefte onder entrepreneurs wat dit nie kan bekostig om na groot konferensies te gaan nie, maar wel op datum wil bly met die nuutste tendense op die entrepreneursfront. Ons maak dit daarom bekostigbaar vir AfriForum lede, maar ook vir nie-lede om te kom luister na kenners in hul gebied. Die fooie vir die werkswinkels beloop R180 (lid) en R280 (nie-lid).

Werkswinkels is gemik op entrepreneurs, kleinsakeondernemings of belangstellendes wat hulle kennis wil opskerp.

Die werkswinkels behels onder andere die volgende temas:

Sosiale- en digitale media; kleinsakegeldsake; bemarking; en versterking van jou handelsmerk.

Maak seker jy mis nie uit op ons volgende werkswinkel nie en vul jou besonderhede op die onderstaande vorm in.

AfriVriendelik opleiding

  • Maak seker jy mis nie uit op ons volgende werkswinkel nie en vul jou besonderhede op die onderstaande vorm in.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Jou eenstop entrepreneursplatform