AfriVriendelik het die entrepreneurskompetisie vir die eerste keer in 2017 aangebied. Sedertdien het meer as 200 entrepreneurs aan dié kompetisie deelgeneem en het meer as 3 000 lede van die publiek vir hul gunstelinge gestem. Louis Loubser het in 2017 met sy Tree Hog gewen, en in 2018 het die dames van Oh-Lief met die louere weggestap.

Ons het die vereistes vir vanjaar se kompetisie ’n bietjie uitgebrei en die kriteria waaraan die wenner nou moet voldoen, is:

  1. die entrepreneur moet tussen een en tien jaar handeldryf;
  2. die produk of diens moet ook in Afrikaans aangebied word (en nie net in Engels nie);
  3. die produk of diens moet mededingend wees;
  4. daar moet maklike toegang tot die produk of diens wees;
  5. die produk of diens moet volhoubaar wees;
  6. dit moet die potensiaal hê om uit te brei;
  7. die entrepreneur moet geloofwaardig wees;
  8. die entrepreneur moet van tegnologie soos sosiale media gebruik maak;
  9. daar moet finansiële beplanning wees; en
  10. die entrepreneur moet goed kan bemark.

    Inskrywings open op 15 Augustus en sluit 9 September. Die publiek kan tussen 11 en 22 September 2019 vir die top-10-ondernemings stem. ’n Uitgesoekte paneel beoordeel die top-10 en gee terugvoer tydens sessies. Die wenner word einde Oktober aangekondig. Die kompetisie word tydens middagetes by die Menlyn Boutique Hotel in Pretoria en die Cavalli-landgoed in Somerset-Wes bekend gestel.

    Jou eenstop entrepreneursplatform