Ons virtuele toer deur die Vrystaat het hierdie week tot ‘n einde gekom. Ons laaste stop op hierdie toer is Gariepdam en Bethulie. Is jy gereed om uit te vind wat hierdie dorpe alles vir besoekers bied?

Slaap hier

Edelweiss Gastehuis

Ons skoon, gerieflike akkommodasie bestaan uit 4 volledig toegeruste kothuise met slaapplek vir 6 tot 9 persone en 3 volledig toegeruste woonstelle met slaapplek vir gesinne van 4. Elke eenheid het veilige parkeerplek en ‘n braaiplek. ‘n Volledige Engelse ontbyt is beskikbaar en word bedien in die eetarea. Aandete is ook beskikbaar op versoek.

Doendinge in die omgewing: seil, visvang, rolbal, swem en ‘n uitstappie na die natuurreservaat kan gereël word op versoek.

Eet hier

Die Ou Kar Restaurant & Pub

Maak jouself tuis met ‘n heerlike bord kos en plattelandse atmosfeer in Die Ou Kar Restaurant in Bethulie.

Koop hier

Die Plaaskombuis

Kry padkos en koop ‘n paar geskenkies vir jouself en die mense by die huis by Die Plaaskombuis in Bethulie.

 

Afrikaans-Vriendelik Blog

Gaan deur die nuutste artikels op ons blog.