Tinteltong Toekennings

Die Tinteltong Toekennings word daarom gegee aan besighede of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon Afrikaans-Vriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings.

Die Tinteltong Toekennings word daarom gegee aan besighede of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

In 2016 was daar slegs vier kategorieë waarin ondernemings benoem kon word. In 2017 spog die Tinteltong Toekennings met ’n allemintige 14 kategorieë en moet die wenners se kreatiwiteit behoorlik tydens ’n toekenningsgeleentheid gevier word, in 2018 brei die kategorieë verder na 15 kategorieë uit om ’n mooi volronde getal te maak.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en wil voortgaan om ondernemings wat dienste in Afrikaans aanbied, te beloon. AfriForum hoop dat die wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en inspireer om in die taal van hul hart besigheid te doen.

Om in aanmerking te kom vir só toekenning, stuur die onderneming se naam en kategorie waarin jy hom nomineer na afrivriendelik@afriforum.co.za of lys slegs jou onderneming op die Afrikaans-Vriendelik gids.

Tinteltong Toekennings 2018

Jou eenstop entrepreneursplatform